Vir 'Yolande' Ngo Thi Hoang Liendie hele liewe lang mompelende wit winternag lê jy in die wegkruip van my arm my goue wyfie met jou heuninglyfie dis goed so dankie sê my tong as hy muisvoël in die vrug van jou mond of by tussen lou dye waar jou warm vrouwees rond Muisvoël: Zuidafrikaans vogeltje Uit `ek het 'n nagtegaal' Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduifAllerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet nie. Ek gooi my rooiborsduif hoof in die lug en ek weet al die jagters sal dink dis die son. Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder en waar hy vlieg daar skitter oseane en bome word groen en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel Want my liefde reis met jou mee, my liefde moet soos 'n engel by jou bly, soos vlerke, wit soos 'n engel. Jy moet van my liefde bly weet soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie. Drome is ook wondeelke droom skryf so sy klein, geheime briewe soggens soek ons die rofies ink in die spieel om dit weg te kan bere in argiewe maar die wonde genees nie die donkerste bloed bly biota boorde van revolusies oor die laken of die borreling van liefde in tuine van wonde wat nie genees nie selfs die dowe mag drome droom soos die malle sy briewe mag fluister en die blinde na die wind mag kyk die pyn kneus ons alles 'n inniger kleur-- hoe groen was die voels in die tuine van my jeug, hoe ryp geverf was die son en die sneeu genees nie die wereld is 'n vors ryk aan mense die mense is konings ryk aan borne van vrees of van haat, of borne van verlange wat die drome nie genees nie want fer is ons enigste ewige paradys-- ons is ryk soos die visser ryk is as hy sy laaste eiers sorteer en tel en die vis terug gee aan die see, om te kan praat soos eiers kan praat om te sing soos golwe so lank al bloei van bloed war nooit genees nie die soldate het oe soos ertjies die boere het hande van grond en almal droom boodskappe en werelde vol blomme wat nie kan genees nie daar kom selfs 'n papegaai in die gedig, 'n geel papegaai wat sy griewe kom lug van strofe tot reel met die klag in sy tong se swart seile sodat sy lied nie genees nie so sal my nagte nooit genees of lees nie want jy het gekom om my laaste bloed te laat sou jy ook dan net 'n litteken op my wees? sonder bloed kan ons nie bloei nie en ons drome is die nag se bloed soos ons bloed en in bloed gedroom is so bly ek 'n bedmaarskalk wat nagteliks leer vloei, ek pars al die ink uit my hart vir jou, gedroom, wat nie genees nie ons liggame is dan omhulsels vlees wat ook eendag droog moet word, en kieries as ons, oplaas, droomloos, gaan slaap en dan eers sal die water asyn word en die stilte sy rein boe span en dan salons drome ontmoet en mag die briewe nooit genees nie nee, die wonde sal nooit genees nie. ![]() |

