Dis alDis die blond, dis die blou: dis die veld, dis die lug; en ’n voël draai bowe in eensame vlug – dis al Dis ’n balling gekom oor die oseaan, dis ’n graf in die gras, dis ’n vallende traan – dis al Die weg van eerWat is die weg van eer? Om trou te bly aan dwing'landy? Aan afgedwonge woord en daad – aan wanhoops nood-traktaat? Is dit die weg van eer – niks meer? Om woord te hou aan wie ontrou en woord-verkragting en verraad nie meer beskou as sondedaad? Dit is die weg van eer: Om, net soos eertyds, trou te wees aan vaarlandsbloed, aan vaarlandsgees, aan vryheids-ideaal! Geen woord verpand is bindend woord as oormagsdwang en onskuldsmoord die woord vir ons bepaal. BlommeEk kom om 'n kransie van rou te breng, Op kindergraffies 'n traan te pleng. Maar kyk, dis 'n fees wat my oog gewaar van blommetjies, blommetjies aanmekaar, op ranke stingel oor graffie en steen – soos graan op die lande, aaneen, aaneen; soos kindertjies selwe in feesgewaad, in hupp'lende dans op die windjie se maat; spierwit hul kleertjies en roserooi – die sonlig se glans op hul hemelse tooi. O, moedertjies wat in die verte nog ween om blompies ontnome, wat God had geleen, kom kyk, uit elkeen en elk bittere traan is 'n heldere blompie weer opgestaan. Dis net of die Vader sê “Vertrou! “My blomme sal groei oor die kranse van rou, “Ek gee weer terug wat gegee is aan My: “waar blomme gesaai is, sal blomme gedy.” Die ossewaDie osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hun skowwe - hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna - die dowwe rooi stowwe, al dampend, tersy op die windjie gedra. Die middagson brand op die koppe, gebuk in hul beurende krag; hul swaai heen en weer in die stroppe - en ver is die tog van die dag. Dit kraak deur die brekende brokke: die opdraans is ver en is swaar; die knars in die knakkende knokke, maar hul beur, en die vrag bring hul daar. So, stom tot die stond van hul sterwe, blyf ieder 'n held van die daad... Hul bene, na swoeë en swerwe, lê ver op die velde verlaat.
"Die Ossewa het ik in Holland geskrywe, en wel VryheidsliedVrome vad're fier en groot! Deur vervolging, ramp en nood, was hul leuse, tot die dood: Vryheid! Vryheid! Erfnis van hul moed en trou is die grond waar ons op bou. Juigend tot die hemelblou: Vryheid! Vryheid! Ere wie die dood mag lei om te rus aan hulle sy, met die sterwenswoord te skei: Vryheid! Vryheid! Op dan, broers en druk hul spoor, voorwaarts, broers, die vaandel voor, laat die veld ons krygsroep hoor: Vryheid! Vryheid! Woes geweld mag hoogty hou, kettings mag ons lede knou, maar die leuse bly ons trou: Vryheid! Vryheid! Jukke mag vir slawe wees, manneharte ken geen vrees, duld geen boei vir lyf of gees: Vryheid! Vryheid! Woorde: Jan F.E. Celliers Musiek: Emiel Hullebroeck TrouEk hou van 'n man wat sy man kan staan, ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan, 'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan! Ek hou van 'n man wat sy moeder eer, in die taal uit haar vrome mond geleer, die verraaiersgeslag in sy siel verag wat, haar verstotend, homself kleineer.. Die oog wil ek sien wat 'n traan nog ween vir 'n heldegeslag, in hul rus daarheen, maar 'n blits van trou in die traan van rou, wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen. Vir my d'Afrikaner van durf en daad, wat mammon's eer en loon versmaad, sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land en 'n trap van sy voet vir laag verraad! O, 'k hou van 'n man wat sy man kan staan; ek hou van 'n daad wat soos donder slaan, 'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan! Die vlakteEk slaap in die rus van die eeue gesus, ongesien, ongehoord, en dof en loom in my sonnedroom, ongewek, ongestoord. Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande skuif my breedte uit, wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur wat my swyend omsluit. Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot bo die diep van die meer; en volswanger van lewe 't oor die waat're geswewe die gees van die Heer. Uit die woelende nag van haar jeugdige krag brag die aarde voort Lewiatansgeslagte, geweldig van kragte - storm-ontruk aan haar skoot. Diep in my gesteente berg ek hul gebeente - die geheim van hul lewe en lot; maar gewek uit die sode herleef uit die dode, na die ewig hernuwingsgebod, die van d' verlede in vorme van d' hede, in eindeloos komme en gaan; wat die dood my vertrou 't, ek bewaar dit as goud, en geen grein sal 'k verlore laat gaan. As die son oor my vloer in die more kom loer, en die dou van my lippe kom kus, dan kyk ek net stom met 'n glimlag om en ek le maar weer stil in my rus. Hog bowe die kim op sy troon geklim, is hy heer van lewe en dood; na wil of luim gee hy, skraal of ruim, verderf of lewensbrood. Uit die gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer, tot my naaktheid kraak en skroei, en my koorsige asem in bewende wasem al hygend my bors ontvloei. In sy skadetjie rond om sy stam op die grond staat 'n eensame doringboom, soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon, wat roerloos die eeue verdroom. Geen drop vir die dors aan my stofdroe bors: my kinders* versmag en beswyk, en die stowwe staan soos hul trek en gaan om my skrale dis te ontwyk. Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim kom 'n wolkie aangesweef, maar hy groei in die blou tot 'n stapelbou van marmer wat krul en leef - kolossaal monument op sy swart fondament, waar die bliksem in brul en beef. En o, met my is die windjies bly: hul spring uit die stof orent en wals en draai in dwarrelswaai oor my vloer, van ent tot ent: die gras skud hul wakker om same te jakker, tot hy opspring uit sy kooi en soos mane en sterte van jaende perde sy stingels golf en gooi. Met dof-sware plof, soos koeels in die stof, kom die eerste drupples neer, tot dit ruis alom soos deur die gebrom en gekraak van die donderweer. Met kloue vooruit om te gryp en te buit jaag 'n haelwolk langs verby, soos 'n perde-kommande wat dreun oor die lande vertrap en gesel hy- en sy lyke-kleed sien ek ver en breed in die awendson gesprei. Stil in die duister le 'k so en luister hoe die spruite gesels en lag; maar bowe die pak van my wolkedak het die maan al lank gewag: nou breek en skeur hy 'n baan daardeur om te deel in my vreug benede; hy sprei die waas van sy romig-blou gaas- en ek lag so stil-tevrede. Plek op plek, soos die wolke trek, sweef die skaduwees onder mee, soos eilande wyd oor die waat're verspreid op die boesem van die grote see. Met 'n afskeidskus gaan die maan ook ter rus, en ek wag op die daeraad- so skoon en so mooi soos 'n fris jong nooi wat lag in haar bruidsgewaad. Oor die bukte se rug slaat die gloed in die lug van die brande wat ver-weg kwyn, en doringbome fluister in rooi skemerduister van gevare wat kom of verdwyn. Uit slote en plas, uit die geurende gras, styg 'n danklied op ten hemel; en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor weergalm uit die sterre gewemel, waar werelde gaan op hul stille baan tot die einde van ruimte en tyd. So, groots en klaar, staat Gods tempel daar, wyd - in sy majesteit.* "kinders" is wildsbokke Uit "Die Vlakte" (1908) |
Sy werke
Oorlogsdagboek (1899–1902) Die Brandwag 1905 en 1920: Ons leesboek voor oud en jong 1908: Die vlakte en ander gedigte 1909: Liefde en plig 1910: Unie kantate 1911: Martjie 1918: Die Saaier en ander nuwe gedigte 1920: Jopie Fourie en ander nuwe gedigte Die rivier 1922: Reg bo reg, of, Die doel heilig die middele 1923: Die lewenstuin en ander gedigte 1924: Liefdelewe 1924: Ou Gawie en ander verhale en sketse 1924: Die groot geheim 1933: Kuns in lewe en kultuur