Gedigte deur die Afrikaanse digter Eugene Marais
Eugene Marais

Die Towenares

 
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storie-verteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
omdat hy alleen is.



Winternag

 
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lÍ die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!



Dans van die reŽn


O, die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies,

En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy,
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd 
en die bruilof is groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond 
hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies;
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!



Don Quixote

 
   Na A. von Chamisso

Nog 'n avontuur
wat my roem beloof!
Sien jy al diť reuse,
klaar om weer te roof?
Toringhoog, misgeskape;
as jy vinnig kyk,
is dit of die rakkers
net soos meules lyk!

Met verlof, heer Ridder,
kyk hulle stip maar aan.
Dit is blote meules,
wat daar draaiend staan.

Sien jy, arme domkop,
gapend waar jy staan,
al die ongediertes
vas vir meules aan?
Oogverblindery
mag 'n Kneg bedrieg,
maar 'n edel Ridder
kan g'n Reus belieg.

Met verlof, heer Ridder,
glo my dit is waar,
net opregte meules
op die bultjie daar!

Beef, jy, vette lafaard?
Dit is klaar en hel,
stryd met sulke skepsels
is net kinderspel!
Een teen almal - daag ek,
vol van riddermoed!
Netnou drink die aarde
al jou ketterbloed!

Ag, my liewe Ridder,
glo my tog diť keer!
Meules is dit waarlik;
ek kan dit besweer!

"Soetste Dulcinea!
Bron van al my hoop!"
- En die brawe ridder
druk sy ros op loop;
storm af op die eerste
met die lans gemik -
en oorrompel stort hy
in die stof verstik.

Leef jy, edele Ridder?
Ek het jou gesÍ -
net so seker Meules
as jy nou daar lÍ!

Vra jy my miskien -
- soos baie mense meer -
was dit werklik reuse
soos die Baas beweer?

Of net blote Meules
glo ek met die Kneg?
Gee ek onbedenklik
onse Ridder reg?

Met die heer ooreenstem
is die kloekste kreet.
Wat van sulke dinge
kan 'n Kneg tog weet?



Wanneer dit reŽn op Rietfontein


Wanneer dit reŽn op Rietfontein
en deur die stof 'n straal van groen verskyn...
dan sit oom Gysbert op die stoep alleen
Hy adem sag die geur
gemeng van stof en reŽn...
Van agter uit die groot kombuis
Kom daar aanhoudend die gesuis
Van kole op die vuurherd aangeblaas
Van pot en pan die klinkende geraas -
Dis net so seker as die boek,
Tant Malie bak nou pannekoek!



Die Oorwinnaars


   By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom
Oorwinnaars vir ons volk, bly u vir al wat beste in ons is 'n ewig' tolk; nooit weer sal vyandsvoet u stof so diep vertrap en smoor dat ons u langer nie kan sien - en hoor. Nie onse Helde, wat die magtig' leŽr op glansryk' velde kon weerstaan en keer; nie onse Seuns, wat aan die galg en teen die muur die diepe liefde vir hul eie moes verduur; nie onse Moeders, wat met bloeiend hart en seer, in swart Getsemane die ware smart moes leer; nie onse Generaals, vereer met krans en riddersnoer; - was waardig vir ons volk die hoŽ stryd te voer en te oorwin. Nie ons, met vuile hand en hart ontrou was waardig om die vaandel hoog te hou. Maar u, o bleke spokies, in U kermend', klagend' wee, staan voor ons ewiglik beskermend - uit die lang verlee.


Eugene Nielen Marais
(įPretoria 1871, ÜPelindaba 1936)

separator



Liefdesgedigte (Afrikaanse digters)

Rosa Rosarum (2 natuurgedigte)

A.G. Visser (Afrikaanse liefdesgedigte)

C. Louis Leipoldt (Afrikaanse gedigte)

Jan F.E. Celliers (Afrikaanse gedigte)

Die ossewa (Afrikaanse gedigte)

Totius - Trekkerswee

Totius - De tarentaal (in het Nederlands)

S.J. du Toit (2 Afrikaanse gedigte)

Sheila Cussons (Afrikaanse gedigte)

Elisabeth Eybers (Afrikaanse gedigte)

Meer over Afrikaans (in het Nederlands)


Homepage


Pageviews since/sinds 21-03-2002: 

Statist. PoŽzieweb-Poetryweb:
  Free counter and web stats      © Gaston D'Haese: 08-04-2005.
Opgedateer op 12-01-2013.  E-pos: webmaster