Iphone and smartphone optimized content

Elisabeth Eybers - Gedigte
Elisabeth Eybers
Biografie      Digbundels

Gedigte:

Blare per pos

Brief in januarie

Taalles

Dagdroom

Eerste liefde

Herinnering

Akkoord

Ontheemde

Jongseun

Die vrou

Uitsig op die kade

Ouer word

Gaan jou gang

 Blare per pos

Twee herfsblare - gewebde paar
aan één pols vas, doodsbleek deuraar
het vroeg hul tak tot siens gewenk,
die wind ontwyk met 'n kort swenk,
die suiderkruis gekies tot skyf,
daglank, naglank 'n boog beskryf.
Dor soos die blad waaraan hul kleef
reik hul te voorskyn uit die skreef.
Aan die motief wat ingegrif
bly - vae stempel op die skrif -
mag mens jou weer eens vergewis
van afstand, van verbintenis.

Uit 'Balans' (1962).

Boontoe - Naar boven

Linecol

  Brief in januarie

Weer swoeg ek teen die steil bult uit en staar
ligduiselig deur die wye leegte waar,
uit erts gepers, my minerale stad
regstandig uit die kim skiet, krat op krat:
reklamepanorama van karton
meedoënloos ontliggaam deur die son.
Die blaadjies wat ek fluisterend oopvou klem
my vingertoppe, die dun letters swem,
selfs die geringste woord wat emigreer
moet risiko en onbegrip trotseer.
Ek lees, sodra ek in 'n koelte sit:
...en toe ek wakker word was alles wit ...
Dan buitel uitgelate beelde snel
om 'n kristalfyn sprokie voor te stel
sodat ek koud na asem snak en ril,
'n kind voor 'n blink kermiskraam verstil.
Teen wolkkrappers wat uit die veld opstaan
draai ek my rug om blindelings terug te gaan
terwyl my knikkende gewrigte weer
die troostelose klipperigheid noteer.

Uit 'Balans' (1962)

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Taalles

Die eerste mededele wat mens leer
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos: ek het honger … hou van jou … is moeg …

Plots uit die soet ontmoeting weggeruk
het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek
om oor en oor, onnosel van geluk,
toereikend te verduidelik: jy en ek …

'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer
hul moeiteloos diggeweefde sin,
die voegwoorde van kunstige verweer
soos: daarenteen … ondanks … desnietemin …

Uit 'Balans' (1962)

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Dagdroom

Ek het jou brief gelees terwyl ek eet,
die woordesoet het oor my tong gesprei.
Verby die aardse brood het ek gestaar
dwarsdeur die bome in die raam, 
dwarsdeur die grys wolkeplafon 
tot in die paradys waar alles lig en helder is. 
En net soos in die Bybel was ons naak 
en het ek, aangekla, gou hom die skuld gegee
wat skemerig sis. . . toe ek opeens gewaar
dat ek my halfgerookte sigaret
aftik in my twee-derde koppie tee.

Uit 'Gedigte 1958-1973'
- Amsterdam, Em. Querido, 1978.


Boontoe - Naar boven

Linecol

 Eerste liefde

Ons liefde het gesterf met die oggendstond,
En ons het haar begrawe, bleek en stom;
teer lentegras en geurige voorjaarsgrond
bedek haar, sonder smuk van krans of blom.

Onthou jy haar?... Sy was tingerig-fyn,
met vingers slank en lig, haar stem was sag,
en haar blou wonder-oë vreemd en rein.
Haar dood was vreedsaam, sonder rougeklag.

Ek mag nie om haar ween: haar stil vertrek
was beter as 'n kwynende bestaan
- maar, ag, ek wonder of jy ooit, soos ek,
'n oomblik by haar graf in mym'ring staan...

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Herinnering

As kind het 'k eens die maan se ronde skyf
langsaam sien uitswel bo die silwer vlei
om saggies soos 'n seepbel weg te dryf
en tussen yl popliere in te gly. 

Agter my in die donker was 'n raam
vol lig en mensestemme en gelag
en ín my angs en weekheid sonder naam
terwyl ek op die maan se loskom wag. 

Die res is alles duister en verward…
Van tak tot tak het hy gewieg… ek weet
nog net dat die gekneusde gras se geur
soos naeltjies was en dat ek skielik seer-
gekry het van die inkrimp van my hart
en met my pols die trane weggevee't.

Uit 'De muze en het heelal' (1959).

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Akkoord

Jy, heelmaker, opspoorder van verband,
ontleder, agtervolger, agonis,
daag my tot tweespraak, kwalik aangeland
waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is.
  
Ek, wankelaar, my ou houvas verloor,
smekend om redding en maar half bereid
tot nuwe onderhandeling, gee my oor
met klein kramptrekkings van terugwilligheid.
  
Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig,
jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees,
spitskorrelige weerstand vir jou gees?
  
Tog: as die dors ons dryf om, end in sig,
toevlug te neem tot die begin, word woord
weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord.

Uit 'Versamelde gedigte',
Human & Rousseau, 1990.


Boontoe - Naar boven

Linecol

 Ontheemde

Hier, in die vreemde, en sonder 'n masker aan...
Die mense is hier nie minsamer as daar, gewis
nie toleranter. Wat of wie
hou jou hier vas? Dáár was die lewe beter
en niks belet jou om weer terug te gaan.
  
Jy antwoord selfbewus:
argwaan en haat is te verdra
tussen gelykgeregtigdes wat nie
verordenend mekaar verneder,
menswees met rubbertjap betwis.
  
Hoekom huiwer ek om te vra:
my broer, my natuurgenoot,
word ons kinders terreurloos groot ?
- En die onbetaalde gelag van die verlede ?

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Jongseun

                      Why were we crucified into sex?
                      Why were we not left rounded off,
                      And finished in ourselves? 
                             D.H. Lawrence
Die seun klim druipend uit die bad, sy hele lyf is gaaf en glad en heel tot in die holte van sy nael waaroor 'n seepbel span, Strak ledemate, ribbekas hoekig en hard soos 'n kuras, handdoek in hand staan hy bereid, gerig en toegerus tot stryd. Tog, onvolkome afgerond, hoe sal die lewe hom nog wond: in sy Achilleskern vind hy geen beskutting - man of kind: geheg aan die benedebuik waar blink haarrankies reeds ontluik, deuraar, teer soos 'n ooglid, sag soos murg, hang weerloos die geslag.

Uit 'Versamelde gedigte',
Human & Rousseau, 1990.


Boontoe - Naar boven

Linecol

 Die vrou

Somer en herfs en winter trek in wye
 onafgebroke wisseling deur die land,
 maar sy bly draer van die lente want
 liefde het haar verhef bo die getye.

Haat en verwoesting plant hul lamfervlae
 in honderd stede en oral sink die nag;
 vir háár op wie ook bloed en worsteling wag
 klink nog die lied van vrede en welbehae.

Die uitgeteerde ruiter neig sy sens
 en aarselend voor die klaarheid van haar blik
 erken selfs hy sy heerskappy se grens:

in haar wat die onsterflikheid bewaak
 ontkiem die toekoms in die flou getik
 van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Uitsig op die kade

Nouliks vertolkbaar wat hulle my vertel,
spreeus, eksters, meeue, eende, kraaie, al
die ywerige dagloners van die wal,
die reier so afgetrokke opgestel.

Ek mis myself steeds minder. Ek bedoel:
as steeds meer buitedinge my gaan boei
dan sintels van inwendige gevoel
tintel dit of ek selfafstotend groei.

Vermindering neem waarneembaar toe. Ek hoop
om te voldoen aan omgekeerde bloei
en leeg genoeg te loop om vol te loop
met wat vanuit hierbuite binnevloei.

Boontoe - Naar boven

Linecol

 Ouer word

'n Eindigheid sprei langsaam, ongevra,
'n stipter onderskeiding word van krag.
Wat ek verloor het suig my terug in drome,
hul nagtelike helende verwarring;
wat oorbly dwing my voorwaarts, stoot of dra
my onversetliker van dag tot dag
met afgepaste tydverdryf en werk.
Ek hul my heelheidshalwe in 'n huis
wat stuksgewyse toeslik tot 'n kluis.

Iets wat 'k onthou: eens was ek 'n beminde
kind, tintelend van hiernamaalse onkunde,
deur louter eindeloosheid ingeperk.

Uit 'Versamelde gedigte' (2004),
uitgegeven door Querido.


Boontoe - Naar boven

Linecol

 Gaan jou gang

Winter, ek weet wat jy beoog 
om die vog uit my liggaam te wring 
wat in weerwil van al jou pogings 
tot dusver die dans kon ontspring... 
 
Gaan jou gang: hoe berooider die lewe 
voor die onherroeplike rus 
hoe gewigloser leer mens dan swewe, 
van afstand meeslepend bewus. 
 
Die verlede is al wat ek het 
as leerboek vir die begrip 
van dinge terloops opgelet 
en des kades daarná aangestip. 
 
Die einde verwek die begin, 
allereerste bevindinge bly 
- ongeag wat jy nog mag versin - 
my tot op die laaste by.

Uit 'Respyt', Em. Querido, Amsterdam, 1993.

Boontoe - Naar boven

Elisabeth Eybers

Elisabeth Françoise Eybers werd op 26 februari 1915 geboren in Klerksdorp (Transvaal). Haar vader was predikant van de Nederduits Gereformeerde Gemeente en sprak Afrikaans. Haar moeder was Engelstalig en doceerde wiskunde en Engels. Toen Elisabeth twee jaar was, verhuisde het gezin naar Schweizer-Reneke. In dit kleine dorpje in West-Transvaal bracht ze haar jeugd door. Als zestienjarige ging ze in Johannesburg letteren studeren. Zij debuteerde met de dichtbundel'Belydenis in die skemering' (1936). In juli 1961 verliet zij Zuid-Afrika (na haar echtscheiding) en vestigde zich met haar jongste dochter in Amsterdam. Een tijd lang onderhield zij een intieme verhouding met haar toenmalige Nederlandse uitgever Geert van Oorschot. De relatie liep spaak omdat van Oorschot zich soms zeer onbehouwen gedroeg.

‘Sodra Geert begin drink, poseer, fantaseer, gestikuleer en demagogies bulder, besef ek dat ek te klein, te suur en te geslote is om sy exhibitionisme en megalomania te aanvaar as die onvermydelike keersy van sy warmte en ruimhartigheid.’

Citaat uit een brief van 31 oktober 1959 aan haar nieuwe boezemvriend, de dichter Chris van Geel.
Eybers nam de Nederlandse nationaliteit aan, maar is steeds in het Afrikaans en het Engels blijven publiceren. Desondanks had zij een schare bewonderaars in Nederland en Vlaanderen. In Zuid-Afrika ontving zij drie keer de Hertzog-prijs. In 1944 en 1971 voor haar poëzie en in 1961 voor haar vertalingen. Ook ontving zij tweemaal de C.N.A.-prijs. Voor 'Kruis of munt' in 1973 en voor 'Einder' in 1978. Verder werd zij in 1978 gelauwerd met de W.A.Hofmeyrprijs voor 'Einder' en in 1983 met de Louis Luyt-prijs voor 'Bestand'. Zij ontving het 'Eredoctoraat in de letteren' aan de universiteit van Witwatersrand in 1972. In Nederland werd zij bekroond met de Herman Gorterprijs 1974 voor 'Kruis of munt' en in 1978 met de Constantijn Huygens-prijs voor haar volledige werk. Tenslotte werd zij in 1991 onderscheiden met de P.C. Hooftprijs voor haar gehele oeuvre. Elisabeth Eybers overleed op 1 december 2007 in haar woonplaats Amsterdam.


Se digbundels - Haar dichtbundels

Belydenis in die Skemering: 1936.
Die Stil Avontuur: 1939.
Die Vrou en ander Verse: 1945
Die Ander Dors wat: 1946.
The quiet adventure - Selected poems: 1948.
Die stil avontuur: 1949.
Tussensang: 1950.
Die helder halfjaar: 1956.
Versamelde Gedigte: 1957.
Neerslag: 1958.
Balans: 1962.
Onderdak: 1965 en 1968.
Kruis of Munt: 1973.
Einder: 1977.
Gedigte 1958-1973: 1978.
Voetpad van verkenning: 1978.
Bestand: 1982.
Dryfsand: 1985.
Rymdwang: 1987.
Noodluik: 1989.
Vyf Verse (bibliofiel, 74 ex.): 1989.
Versamelde Gedigte: 1990.
Teëspraak: 1991.
Respyt: 1993.
Nuweling: 1995.
Uit en tuis: 1995.
Tydverdryf-Pastime: 1996.
Tweegelui: 1997.
Verbruikersverse-Consumer's verse: 1997.
Winter-surplus: 1999.
Versamelde gedigte: 2004.
    De derde druk van haar Versamelde gedigte
    (2004) is uitgebreid met vier bundels:
    Nuweling (1995), Tydverdryf-Pastime (1996),
    Verbruikersverse-Consumer’s verse (1997)
    en Winter-surplus (1999).
Valreep-Stirrup Cup: 2005.



Boontoe - Naar boven

Liefdesgedigte
(Afrikaanse digters)

Sheila Cussons
(Afrikaanse gedigte)

Ingrid Jonker
(Ek herhaal jou)

Meer over Afrikaans
(In het Nederlands)


Homepage


Pageviews since/sinds 21-03-2002: 

  © Gaston D'Haese: 30-08-2006.
Update: 22-02-2017.