| Biografie Digbundels |
Taalles Dagdroom Eerste liefde Herinnering Akkoord Ontheemde Jongseun Uitsig op die kade Ouer word |
TaallesDie eerste mededele wat mens leer vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg om die akuutste nood te formuleer soos: ek het honger … hou van jou … is moeg … Plots uit die soet ontmoeting weggeruk het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek om oor en oor, onnosel van geluk, toereikend te verduidelik: jy en ek … 'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer hul moeiteloos diggeweefde sin, die voegwoorde van kunstige verweer soos: daarenteen … ondanks … desnietemin … Boontoe - Naar boven ![]() DagdroomEk het jou brief gelees terwyl ek eet, die woordesoet het oor my tong gesprei. Verby die aardse brood het ek gestaar dwarsdeur die bome in die raam, dwarsdeur die grys wolkeplafon tot in die paradys waar alles lig en helder is. En net soos in die Bybel was ons naak en het ek, aangekla, gou hom die skuld gegee wat skemerig sis. . . toe ek opeens gewaar dat ek my halfgerookte sigaret aftik in my twee-derde koppie tee. Boontoe - Naar boven ![]() Eerste liefdeOns liefde het gesterf met die oggendstond, En ons het haar begrawe, bleek en stom; teer lentegras en geurige voorjaarsgrond bedek haar, sonder smuk van krans of blom. Onthou jy haar?... Sy was tingerig-fyn, met vingers slank en lig, haar stem was sag, en haar blou wonder-oë vreemd en rein. Haar dood was vreedsaam, sonder rougeklag. Ek mag nie om haar ween: haar stil vertrek was beter as 'n kwynende bestaan - maar, ag, ek wonder of jy ooit, soos ek, 'n oomblik by haar graf in mym'ring staan... Boontoe - Naar boven ![]() HerinneringAs kind het 'k eens die maan se ronde skyf langsaam sien uitswel bo die silwer vlei om saggies soos 'n seepbel weg te dryf en tussen yl popliere in te gly. Agter my in die donker was 'n raam vol lig en mensestemme en gelag en ín my angs en weekheid sonder naam terwyl ek op die maan se loskom wag. Die res is alles duister en verward… Van tak tot tak het hy gewieg… ek weet nog net dat die gekneusde gras se geur soos naeltjies was en dat ek skielik seer- gekry het van die inkrimp van my hart en met my pols die trane weggevee't. Boontoe - Naar boven ![]() AkkoordJy, heelmaker, opspoorder van verband, ontleder, agtervolger, agonis, daag my tot tweespraak, kwalik aangeland waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is. Ek, wankelaar, my ou houvas verloor, smekend om redding en maar half bereid tot nuwe onderhandeling, gee my oor met klein kramptrekkings van terugwilligheid. Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig, jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees, spitskorrelige weerstand vir jou gees? Tog: as die dors ons dryf om, end in sig, toevlug te neem tot die begin, word woord weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord. Boontoe - Naar boven ![]() OntheemdeHier, in die vreemde, en sonder 'n masker aan... Die mense is hier nie minsamer as daar, gewis nie toleranter. Wat of wie hou jou hier vas? Dáár was die lewe beter en niks belet jou om weer terug te gaan. Jy antwoord selfbewus: argwaan en haat is te verdra tussen gelykgeregtigdes wat nie verordenend mekaar verneder, menswees met rubbertjap betwis. Hoekom huiwer ek om te vra: my broer, my natuurgenoot, word ons kinders terreurloos groot ? - En die onbetaalde gelag van die verlede ? Boontoe - Naar boven ![]() Jongseun
Why were we crucified into sex?
Why were we not left rounded off,
And finished in ourselves?
D.H. Lawrence
Die seun klim druipend uit die bad,
sy hele lyf is gaaf en glad
en heel tot in die holte van
sy nael waaroor 'n seepbel span,
Strak ledemate, ribbekas
hoekig en hard soos 'n kuras,
handdoek in hand staan hy bereid,
gerig en toegerus tot stryd.
Tog, onvolkome afgerond,
hoe sal die lewe hom nog wond:
in sy Achilleskern vind
hy geen beskutting - man of kind:
geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,
deuraar, teer soos 'n ooglid, sag
soos murg, hang weerloos die geslag.Boontoe - Naar boven ![]() Uitsig op die kadeNouliks vertolkbaar wat hulle my vertel, spreeus, eksters, meeue, eende, kraaie, al die ywerige dagloners van die wal, die reier so afgetrokke opgestel. Ek mis myself steeds minder. Ek bedoel: as steeds meer buitedinge my gaan boei dan sintels van inwendige gevoel tintel dit of ek selfafstotend groei. Vermindering neem waarneembaar toe. Ek hoop om te voldoen aan omgekeerde bloei en leeg genoeg te loop om vol te loop met wat vanuit hierbuite binnevloei. Boontoe - Naar boven ![]() Ouer word'n Eindigheid sprei langsaam, ongevra, 'n stipter onderskeiding word van krag. Wat ek verloor het suig my terug in drome, hul nagtelike helende verwarring; wat oorbly dwing my voorwaarts, stoot of dra my onversetliker van dag tot dag met afgepaste tydverdryf en werk. Ek hul my heelheidshalwe in 'n huis wat stuksgewyse toeslik tot 'n kluis. Iets wat 'k onthou: eens was ek 'n beminde kind, tintelend van hiernamaalse onkunde, deur louter eindeloosheid ingeperk. Boontoe - Naar boven ![]() Bron: Elisabeth Eybers, 'Versamelde gedigte' (2004), uitgegeven door Querido. |
Elisabeth Françoise Eybers werd op 26 februari 1915 geboren in Klerksdorp (Transvaal). Haar vader was predikant van de Nederduits Gereformeerde Gemeente en sprak Afrikaans. Haar moeder was Engelstalig en doceerde wiskunde en Engels. Toen Elisabeth twee jaar was, verhuisde het gezin naar Schweizer-Reneke. In dit kleine dorpje in West-Transvaal bracht ze haar jeugd door. Als zestienjarige ging ze in Johannesburg letteren studeren. Zij debuteerde met de dichtbundel 'Belydenis in die skemering' (1936). In juli 1961 verliet zij Zuid-Afrika (na haar echtscheiding) en vestigde zich met haar jongste dochter in Amsterdam. Eybers nam de Nederlandse nationaliteit aan, maar is steeds in het Afrikaans en het Engels blijven publiceren. Desondanks had zij een schare bewonderaars in Nederland en Vlaanderen. In Zuid-Afrika ontving zij drie keer de Hertzog-prijs. In 1944 en 1971 voor haar poëzie en in 1961 voor haar vertalingen. Ook ontving zij tweemaal de C.N.A.-prijs. Voor 'Kruis of munt' in 1973 en voor 'Einder' in 1978. Verder werd zij in 1978 gelauwerd met de W.A.Hofmeyrprijs voor 'Einder' en in 1983 met de Louis Luyt-prijs voor 'Bestand'. Zij ontving het 'Eredoctoraat in de letteren' aan de universiteit van Witwatersrand in 1972. In Nederland werd zij bekroond met de Herman Gorterprijs 1974 voor 'Kruis of munt' en in 1978 met de Constantijn Huygensprijs voor haar volledige werk. Tenslotte werd zij in 1991 onderscheiden met de P.C. Hooftprijs voor haar gehele oeuvre. Elisabeth Eybers overleed op 1 december 2007 in haar woonplaats Amsterdam. ![]() |
|
Se digbundels - Haar dichtbundels Belydenis in die Skemering: 1936. Die Stil Avontuur: 1939. Die Vrou en ander Verse: 1945 Die Ander Dors wat: 1946. The quiet adventure - Selected poems: 1948. Die stil avontuur: 1949. Tussensang: 1950. Die helder halfjaar: 1956. Versamelde Gedigte: 1957. Neerslag: 1958. Balans: 1962. Onderdak: 1965 en 1968. Kruis of Munt: 1973. Einder: 1977. Gedigte 1958-1973: 1978. Voetpad van verkenning: 1978. Bestand: 1982. Dryfsand: 1985. Rymdwang: 1987. Noodluik: 1989. Vyf Verse (bibliofiel, 74 ex.): 1989. Versamelde Gedigte: 1990. Teëspraak: 1991. Respyt: 1993. Nuweling: 1995. Uit en tuis: 1995. Tydverdryf-Pastime: 1996. Tweegelui: 1997. Verbruikersverse-Consumer's verse: 1997. Winter-surplus: 1999. Versamelde gedigte: 2004. De derde druk van haar Versamelde gedigte (2004) is uitgebreid met vier bundels: Nuweling (1995), Tydverdryf-Pastime (1996), Verbruikersverse-Consumer’s verse (1997) en Winter-surplus (1999). Valreep-Stirrup Cup: 2005. ![]() |

