Bloeisel-tuine, bloeisel-kruine, week met douw gestreelde bome blaas uit blonde blomme-monde swaar bevrugte geure-strome. Groene en goue hallemvoue hang, besoom met oggendvlamme. Deur die blare heen gevare, druip robijne om die stamme. Glans-omwewe, wandel Lewe (bont omsneeuw met vlokkies vlinders) oor die lande. Aan haar hande hang blij-huppelende kinders. Bo viooltjies wiegel viooltjies, kwetter in 'n laning rose, rij in rijgies op die twijgies- als tot sangerkoor verkose. Ridderspore, fier gebore, son hul stasieuse toppies Angeliere, slank van spiere, neig met grasieuse koppies. Sij-papawer tussen klawer vlam in wind-gestreelde rije, weef 'n drome-waas om lome, teug-bedwelmde goue bije. Maagde-skone anemone bloot voor d'oë van d'oggendglore. Madeliefies, harte-diefies, lag vermaaklik met die môre. Bloeisel-beelde, bloeisel-weelde staan in kleur en glans geskrewe. Deur die bome rose-arome sweef en vul die wandeldrewe.H.H. Joubert (1874 - 1929) laning: haag; ook laan |

