C. Louis Leipoldt

Oom Gert vertel


Ja, neef, wat kan ek, oumens, jou vertel?
Jy wil die storie van ons sterfte hoor?
Nou goed!

Dis nooit te laat om daarvan nog
Te leer en van gebruik te maak  veral
Vir julle, jongling-mense. Hou maar vas
Aan wat ons het, en staan orent, en neem
Jul aandeel aan ons nasie!

Maar jy kom
By die verkeerde man; daar's baie ander
Wat jou die storie goed agtermekaar,
En met 'n les daarby, en meer begrip 
Van al die politiek ook, kan vertel
As ek: ek weet maar uit my eie siel
En kan maar grawe uit my eie hart,
En dit is baie oud en amper dood  
My hart, meen ek; en waarlik, as jyself
Soveel reeds deurgemaak, soveel gely,
Soveel geworstel, en soveel gesien het, 
Van wat jy liewers nooit gesien het nie,
Dan was jou hart ook nie meer sonder kraak.
Maar kom  wat kan ek nou vir jou vertel?
'n Lang geskied'nis is dit!  treurig ook,
Want daar gaan snikke en trane deur, ou neef!
Wil jy dit aanhoor? Goed!

Maar sit, man, sit!
Ek kan jou nie vertel as jy bly staan nie.
Sit daar. (En, Gerrie, gee hom wat te drink!
En pa kan ook 'n slukkie koffie sluk.)
Nou ja, jy weet, neef, toe ons mense hier
Almal beteuterd deur die oorlog was,
Het kakies op kommando hier ons dorp
Beset en Martjie Louw geproklameer.
Ou Smith, die magistraat  hy is 'n man
Vir wie ek eerbied voel, al is hy Engels:
Hy was tog altyd nog 'n egte heer
En het met onse mense klaargekom;
Maar hulle het hom soetjies afgesit
En na Oos-Londen toe gestuur, omdat
Hy nie na hulle pype vlot wou dans,
En in sy plaas 'n kol'nel aangestel;
Sy naam  nou Gerrie, wat was ook sy naam?
Jones? Nee, kind, dit was maar sy offisier  
Jy weet, die aap met strepies op sy mou.
Ek het dit! Wilson was die vent se naam  
'n Dik,vet krel, met 'n grysgeel snor,
En lang slagtande, en rooi in die gesig;
Die mense s hy suip; maar ek het nooit
Hom dronk gesien en wil ook nou nie meer
Agter sy rug die man beskinder nie,
Al was hy ook 'n deugniet  dit maak niks!
Hy het ons onderdruk; sy hand was hard:
Geen lig mag in die kamers brand; geen mens
Mag buite op die straat gaan na agtuur;
Orals het hy op ons spioen en selfs
Ons huise deurgesnuffel om te sien
Of ons miskien nie wapens het of kruit,
Patrone, doppies of so iets; hy dag
Ons het 'n heel boel kos byeengegaar
Om vir die Boerkommando's af te gee.
Ja, neef, sy hand was hard! (Hartlam, gee weer
Die suikerpot! Twee klontjies is te min:
Jy weet, pa drink sy koffie soet.)

En ons
Was deur die war daarmee, half uit ons vel;
En niemand van ons mense het geweet
Wat mre of oormre vir ons wag.
Die dorp was vol gebrom, net soos 'n deeg
Waardeur 'n mens die suurdeeg goed geknee het 
Jy weet hoe rys die ding; nou net so ook
Met onse mense! Maar wat kon ons maak?
Die jongmense veral was baie steeks 
Ons kon hul byna nie in toom meer hou nie  
En twee van hul het sieto omgespring.
(Hartlam, neef Klaas se koppie is weer leeg.)

Een aand kom Bennie Brends na my toe,
En met hom Johnnie Hendriks, Saarl se seun.
Hul het die straat so stil'tjies oorgespring
Die skildwag het hul nooit nie eens bespeur nie  
Anders het ek en Saarl daarvan moet hoor
En op die koop 'n boete nog betaal!
Ou Saarl was altyd maats met my gewees;
Maar hy het in dieselfde maand gesterwe
Van kanker in die maag  die Heer se hand!
So het hy nie die dag oorleef nie. Maar 
Ek gaan te vinnig met die saak vooruit.
Hier op my stoel het ek gesit; en daar 
Waar jy nou sit, het Bennie ook gesit.
En Johnnie vlak naas hom. Ek sien hom nog  
'n Opgeskote kreltjie; nog nie
Heel droog agter die ore was hy toe,
Nogal astrant en snip'rig met sy mond,
Die jaar nog aangeneem. (Gerrie, my kind,
Haal tog die album!)  Hier is sy portret,
En hier is Bennie syne; daar is die rel
Wat sy oorlede ma geskrywe het,
Die dag na. . . na . . . sy dood. Jy kan dit lees:
My bril die pas nie mooi, en in die rook
Kan ek so goed nie sien nie. Lees maar voor!
"Barend Gerhardus Barends,"  reg! en nou?
"Geboren op den zesden Mei,"  ja reg!
"Ge. . ."  maak die boek maar toe: ek weet dit al!
(Hartlam, kom neem dit weg! Wat staan jy daar
Beteuterd soos 'n kat? Kom, skink weer in!
Ons het mos melk genoeg en suiker ook,
En Martjie Louw is nou nie in die dorp!)
Ja, Bennie was 'n egte witmenskind  
My peetseun - , en, ofskoon ekself dit s,
'n Regte mooi soort vroumens-kreltjie,
So paal-orent en met 'n kaal gesig:
'n Skeermes het hy glo nog nie gebruik nie.
(Hartlam, gaan kyk, of Leentjie al die hout
In die kombuis gebring het.)

Ja, ou neef,
Hy het na Gerrie hier gevry; en ek 
Was ook nie teen die saak, want Bennie was
'n Uitgeknipte jongetjie vir haar.
Jy sien sy is nog nie goed oor die bult nie;
Maar ons moet almal oor die drumpel klim,
Al is dit ook so swaar ons hart moet breek!
En hartlam sal ook met ons Liewen-Heer
Se sen daaroor stap en haar smart vergeet,
Al gaan dit moeilik  maar dit moet tog gaan!
Maar as ons oor hom praat, dan pas dit tog
Dat ons haar eers die kamer uit sal stuur.
Nou goed! Waar was ek?

Ja, di aand, toe hul
By my kom raad vra. Bennie had 'n plan:
Hy wou met Johnnie weg na Witkransspruit 
Daar, so het hul verneem, was Smuts gelaer
Met sy kommando.

Ek was amper flou
Om dit te hoor. Ek het vir hulle vermaan  
Maar nee!

Ag, neef, 'n jongmens is tog steeks!
En Ben was altyd koppig: selfs as kind
Het hy daar baiekeer om sla gekry!
En hul was vasbeslote om te gaan.
Ek het twee perde toe by my gehad  
Die kakies het dit nog nie afgeneem  
Ek weet nie waarom nie, maar ek kan sweer
My skuld was dit nie dat die diere nog
Daar in die tuin gestaan het; maar hul het!
Nonnie  my vrou en Gerrie haar ma  sy het
Dieselfde jaar gestwerwe in Goudini
Aan hartkwaal, want die oorlog het haar ook
Gebreek in siel en liggaam  Nonnie ook
Het meegewaarsku, maar dit was vergeefs!
"Ons kan dit nie hier uithou nie, oom Gert:
'n Mens moet tog iets vir sy nasie doen."
"Doen? Doen? Iets doen! Ag, wat kan julle doen?
Wat kan ons algar doen?"

Maar tevergeefs.
Nonnie het toe my knapsak volgeprop
Met biltong en beskuit; en ek het self
Die saalsakkies met hardgekookte eiers
En ander padkos volgelaai  want hy
Was tog my peetseun, en dan Johnnie ook
Neef Saarl se seun  en Saarl en ek was maats!
So kan geen mens my dit tog kwalik neem,
Al was ek ook 'n Britse onderdaan:
Kan ek my eie vlees en been sien ly
As ek nog kos het? Nee, neef, ek hou vas  
En my gewete het my nooit gekwel nie!
So, kort en goed, die twee is weg; en hoor,
Di mre was die heel gespuis om my!
Die kol'nel, soos 'n brommer, gons en gons
En vloek en maak lawaai  maar ek staan pal.
Ek kon mos nie gehelp het dat die perde 
Nog in die tuin gestaan het, en ek s
Dat dit sy skuld was, en nie myne nie;
Maar van die biltong en beskuit en eiers
Het ek hom toe maar liewers niks ges nie.

Hoe ons die maande deurgelewe het?
Neef, vra my nie! Di tyd is soos 'n wolk
Wat oor ons hang, en nie net oor ons dorp nie,
Maar oor ons land, die hele nasie oor!

Op een dag kom die nuus. . . (Wag, hier's sy weer.  
Ag, hartlam, ja die hoenders van die stoep!
Kyk daardie haan; hy krap die blomme uit!)

Nou, eendag kom die nuus  ja, wat 'n skrik!
Johnnie en Ben was albei vasgevang
En in die tronk gestop. 'n Krygsgerig  
Jy weet die res! En daarop weer 'n slag:
Die vonnis was  hul altwee word gehang!
Ons Liewen-Heertjie weet dit was 'n slag!
Ons het ons bes gedoen, maar tevergeefs;
Die vuilgoed skreeu om wraak  en hul moet hang!
Di more kom die hoofkonstabel s:
"Die kol'nel stuur sy komplimente!" God,
Sy komplimente!  hoor! Het jy verstaan?
Verstaan jy, neef?  sy komplimente!

Nee!
Bedaar, bedaar, my hart al kraak jy ook:
Ons moet die drumpel oor, al breek ons dood!

En, "Asseblief, wil ek op mre kom
En sien hoedat rebelle getrakteer word,
Anders. . ." Die hoofkonstabel was 'n man;
Hy het hom nie op sy gemak gevoel 
Toe hy die boodskap aan my oor moes bring nie;
En ook die kakies, moet ek s, was goed  
Maar hul moes tog hul plig doen; ek was bly
Dat hul dit nie astrant gedoen het nie.
Die hoofkonstabel  Nichols was sy naam;
Hy't later in die Vrystaat lood geet
En dit nie goed verteer nie  s vir my
Die anders het ook so 'n bevel gekry.
En daar sou meer van ons die. . . nou jy weet!  
Daar in die tronk aanskou. Hy waarsku my
Ek moet maar kom, al gaan dit bo my keel.

Di nag het ek en Nonnie nie geslaap.

Ja, ek onthou nog goed: Die dag was koel  
'n Mens vergeet mos so 'n dag nie gou nie!
Met net 'n bietjie oostewind, half koud, 
Want Nonnie het daar sinkings van gekry  
Sy het aan sinkings veel gely en kon
Nooit koue goed verdra nie. Soos ek s,
Die dag was koel, en daarom was my jas 
Dig toegeknoop  jy weet ek hou daarvan
My onderbaadjie te laat spog: vir wat
Dra 'n mens 'n onderbaadjie as geen mens
Dit sien nie?  Maar die weer was regtig fris,
En daarom was my baadjie toegeknoop.
En by die draai, daar onder by die meul,
Het ek die anders almal vroeg ontmoet,
Want, soos ek s, ons algar was geroep.
Die predikant was daar, en Albert Louw  
Jy ken tog Skeeloog-Louw, neef Klaas? Nou ja!
En Michiel Nel, en Gys van Zyl, en Piet  
Maar Piet sal jy jou nie herinner nie,
Want hy was voor jou tyd; hy was 'n vent
So sterk soos Simson  arrie, hy was sterk!
En net so steeks as 'n skerpioen was hy!
Maar koddig, neef, en ook 'n grappiesmaker
Selfs as die wolke donker was, en dof 
Die donder deur die wolke dreun. Nou ja,
Ons algar het ons foute, en ek wil
Dit nie vir Piet Spanspek so kwalik neem
Dat hy nog altyddeur wou grappies maak
Toe al ons anders mislik was en naar.
"Die wind skeer glad, neef Gert," het hy ges;
"Jy moet vir Ben jou oorjas leen: miskien
Kry hy swaar weer daar boontoe!" En hy lag!
Maar ek was bly die predikant was daar:
Eerwaarde het hom op die plek berispe
En mooi die kop gewas.

"Is dit 'n tyd
Vir pret, meneer van Ryn?" het hy gevra.
"Foei, foei! Hoe kan u so iets waag vandag,
As ons harte vol is, en ons o 
Nog donkerdof met trane vir ons land?"
(Hartlam, jaag tog die hoenders uit! Hul maak
Die werf so vuil; ons kan ons selwers help.)
Maar Piet Spanspek was weer nie op sy mond
Geval nie, en hy het ook voortgegaan
Met grappies maak, ofskoon ons niks van hom
Gehoor het en ook nie geluister het nie.
Ek dink hy was so mislik as ekself
Maar wou nie dat dit opgemerk sou word nie.

Ons het die voorplein van die tronk betree,
En dit was vol met kakies. By die poort 
Het hul ons twee-twee toe laat binnekom.
Daar in die agterplaas, daar staan die galg,
En naas hom Ben en Johnnie, hand aan hand, 
Want hul was nie geketting; en ons het
Verlof gekry om met hul te gaan praat,
Maar net vir vyf minute.

Ek was stom,
Geheel verbouereerd en sonder tong;
Maar Bennie het my by die hand gevat:
"Oom Gert, dis kant en klaar! Goeiendag, oom Gert!
S vir tant Nonnie en vir Gerrie  nee
S liewers niks, want hulle sal verstaan."
En Johnnie, met 'n glimlag om sy mond,
Het ook my hand geskud: "Dag, Oom," s hy.
"Nee, Oompie, moenie grens nie!"  soos ek s,
Was Johnnie altyd half astrant gewees,
En snip'rig ook.  "Nee, Oompie, moenie grens!
Ons het ons plig gedoen, en nou's dit uit."

Toe het hul met die predikant gepraat;
En ek, as naaste bloedverwant van Ben,
Het met hom na die galg gegaan en daar. . .
Nee neef, dis maar die rook! Ek word al oud, 
En jou tabak is alte sterk vir my.
Ekself rook swak tabak: jy weet dit maak
My o nie so seer nie.

Waar was ek?
Ja, toe het ons hul almal handgegee.
Geeneen van ons kon praat nie; Piet was stom
En net so naar as ek; en een van ons  
Ek weet nie wie nie  het ook hard gesnik.
Die kakies het oor Bennie se gesig
'n Sakdoek of 'n kopdoekie of iets
Net soos 'n mus wil trek, maar Bennie vra  
En nog op Engels ook: hy kon dit praat  
Of hulle hom nie sonder dit kon hang nie.
Die kol'nel knik; en toe. . .

Nee, neef, laat staan!
Wat vat jy weer my hand? Laat bly my hand!
Vervlaks, hoe kan ek nou vir jou vertel
As jy my somaar afbring van my rym?
Blaas net jou rook uit na die ander kant:
My o is te oud vir jou tabak
(En, hartlam, haal vir pa 'n sakdoek!)

Nou, 
Daar is nie meer nie. Ons het tuisgekom,
En in die kamer hier het ons gekniel;
'n Korte bidstond het die predikant
Gehou vir ons  en daarna was dit uit.

Di aand nog het neef Piet en Skeeloog-Louw
Die dorp uit na die naaste plaas getrek
En hulle by ons mense aangesluit.
(Hartlam, gee weer vir pa die suikerpot,
en skink dan nog 'n koppie vir neef Klaas!)


C. Louis Leipoldt
 (ca.1880; 1947)



Leipoldt (Afrikaanse gedigte)


Liefdesgedigte (Afrikaanse digters)


Trekkerswee 'Oom Gert vertel'


Rosa Rosarum (2 natuurgedigte)


A.G. Visser (Afrikaanse liefdesgedigte)


Jan F.E. Celliers (Afrikaanse gedigte)


Eugne Marais (Afrikaanse gedigte)


Die ossewa (Afrikaanse gedigte)


Meer oor Afrikaans



Homepage


Pageviews since/sinds 21-03-2002: 

  © Gaston D'Haese: 08-05-2005.
Opgedateer op 12-02-2016.