Liefdes gedigte
SARIE MARAIS
My Sarie Marais
is so ver van my hart,
Maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk
van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.
Refrein
O bring my trug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marais,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marais.
Ek was so bang
Dat die kakies my sou vang,
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant
Van die Upington se sand
Daar onder langs die Grootrivier.
Verlossing het gekom
En die huis-toe gaan was daar,
Trug na die ou Transvaal;
My lievelingspersoon
Sal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon.
1889 - Jan Toerienmielies: maïs (in het Nederlands) doringboom: acacia (in het Nederlands) Die towenares
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storie-verteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
om hy alleen is.Eugene Nielen Marais Winternag
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou! Eugene Nielen Marais (1871 - 1936) in sterlig en skade: in sterrenlicht en schaduw (in het Nederlands) WewenaarsliedAg hoe word myn hart gedrewe, Na myn Sari wat ek min; Ek wil ewig fer haar lewe, Myn geliifde siilsfrindin. Ek wil na myn soetliif rye, Haar anbide al myn trou! Nooit sal 'k na 'n andere frye; Haar ferkiis myn hart tot frou. Kom, mijn pérdjiis, draf mar lustig; Dis mar ses-en-twintig uur. Morge awend freet jul rustig, By myn Sari in di skuur. Rep jul béne, rek jul séne, Morge staan jul in di stal; Gars en hawer sal ek léne, Wat jul weer ferkwikke sal. Rep jou, Witfoet, rep jou trede! Booi, stoot Hartbeesfanger aan! Fleur sal morge met my mede, Moedig foor myn Sari staan. A.J. Myburgh booi: jongen, knechtje? (in het Nederlands) séne: spieren (in het Nederlands) hartbees: grote antilope (in het Nederlands)
Misère(Triolet) A.G. Visser Eheu fugaces...
A.G. Visser La belle dame sans merci
A.G. Visser Princesse Lointaine
(Prinses Van Verre)Was jy ’n rosebloesem En ek die roos se geur, Hoe heerlik deur die lewe Steeds rondom jou te swewe. Beswymend aan jou boesem, Betower deur jou kleur. Was jy ’n rosebloesem En ek die roos se geur. Was jy ’n lied se woorde En ek die melodie. Hoe sou die dag verheerlik Jou skoonheid so begeerlik; Die nag tril van akkoorde En soetste harmonie. Was jy ’n lied se woorde, En ek die melodie. Was jy die hoogste kranse, En ek die sonnegloed. Jou wange sou dan verwe En op jou lippe sterwe My eerste moreglanse En laaste awend-groet; Was jy die hoogste kranse En ek die sonnegloed Maar jy ’s Prinses van Verre En ek... ’n troebadoer; Al gloei ook my gesange Van liefde en verlange, - Die vuurvlieg vir die sterre - Wat my ten hemel voer; Jy bly Prinses van Verre En ek... ’n troebadoer. A.G. Visser Ballade van die roos
’n Ou Spaanse gesegde noem die volgende
drie stadieë in die lewe van 'n roos:
In die more: rosa pallida.
In die middag: rosa perfecta.
In die aand: rosa incarnada
Waarheen ook my oë mag staar
En waar ook my voete mag gaan,
Geduriglik droom ek van haar;
Haar beeltenis lief lag my aan,
Ek sien - as die sterrelig taan -
’n Roosknop wat stadig ontvou: -
- My noointjie van ver-hier-vandaan -
O „Pallida Rosa”, vir jou!
Die middagson helder en klaar
Sien neer van sy blou hemelbaan;
Die roos sal haar hart openbaar
Aan wie haar geheime verstaan.
O blomkelk, met skoonheid belaan,
Ek smag op die middag-uur lou
My noointjie van ver-hier-vandaan
O „Rosa Perfecta”, na jou!
Ek ken jou nog nie - dit is waar -
Maar êrens moet jy tog bestaan;
Die aandson gloei rooi op die blaar
En ’k voel jy’s g’n ydele waan,
Want rooi sprei die liefde haar vaan!
En donker die oë getrou
- My noointjie van ver-hier-vandaan -
O Roos „Incarnada” - van jou!
A.G. Visser (ca. 1878 - 1929)oë: ogen (in het Nederlands) noointjie (nooi): meisje (in het Nederlands) OntnugteringO liefling, as ek luister na die wind Wat snags so klaend en weemoedig suis Deur die eikeboom se blare bo die huis, Dan dink ek terug aan toe ek nog as kind Gelukkig was, onskuldig, trougesind Aan wie ek lief gehad het, sonder kruis Of bitter hoon wat skielik op kan bruis En skaars versagting in vergeet kan vind. Dit was die tyd voor ek jou eers gesien het, Voor ek kon weet dat liefde wreed kan wees En ergste smart 'n droef genot kan dra. Eers na my hart se hartstog jou bedien het Tot sterwens toe, bankrot aan hoop en gees, Heb ek geleer hoekom die nagwind kla. ![]() |
Daar is talle goeie digters in Afrikaans:
A.G. Visser
Jan F.E. Celliers
Eugene Marais
H.H. Joubert
C. Louis Leipoldt
Totius
NP van Wyk Louw
Sheila Cussons
Antjie Krog
Elisabeth Eybers
Breyten Breytenbach, etc.

