Ek haat en ek het lief
Ek haat en ek het lief: ek weet nie hoe nie.
O my land, o my land: jy is ek.
Ek ken jou en ek haat jou soos ek my haat.
Ek het jou lief soos ek my soms lief durf hê.
*
Dat liefde so tot haat kon skif.
Liefde wat tóg vol goue room was.
Haat wat sulke dun wei-water is.VroegherfsDie jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug, tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rookvaal bos en laan, dat die takke van die lang populiere al teen elke ligte môre witter staan. O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sieraad was of enkel jeug, en ver was van die pyn; laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort my waan, tot al die hoogheid eindelik vas en nakend uit my teerder jeug verskyn.Uit Vroegherfs NagreënDie reën skuifel deur die straat, verby my venster, mensverlaat … Soos ’n trossie narsings wat verkwyn, flikker die druppels teen my vensterruit waar die geel straatlig daardeur skyn; en voel die wind met bleek vingers, soos ’n kind, aan die swaar gordyn, wat plooi in die lamplig, teer en droef papawerrooi. GrenseMy naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud tot jou gaan, soos uit diepe slaap ons drome, soos teen skemerlug die bome opreik na die bloue maan; gaan met al sy donker wense, en die heilige, nooit-gehoorde dinge sê, waarvoor die mense huiwer, en wat om die grense flikker van my duister woorde. Voël’n Voël vlieg voor my venster verby, ’n naalddun lyn wat daaroor gly en die glas in twee vlakke sny; die wêrelde val apart en bly elk in sy enkelheid geskei – ek hierbinne, en daarbuite hy. Die liefde in myDis altyd jy, net altyd jy, die een gedagte bly my by soos skadu's onder bome bly, net altyd jy, net altyd jy. Langs baie weë gaan my smart, blind is my oë en verward, is alle dinge in my hart. Maar dit sal een en enkeld bly, en aards en diep sy laafnis kry, al staan dit winter, kaal in my, die liefde in my, die liefde in my. Die wind in die baai het gaan lê
Die wind in die baai het gaan lê en rondom
het dit oor Houtbaai, oor Kampsbaai
en by Seepunt wit koppe bly waai.
Maar, in die baai het die wind gaan lê:
alles wil toegesluit lyk - byna veilig -;
en 'n seun het in 'n blikskuitjie uit,
sakdoek vir seil
- sonder fletter -, plankies vir roeiers,
dit uit-gewaag
- want die wind oor die baai het gaan lê.
En ons bid na die berg, die wind, die planeet toe
om alles wat wind-berg-planeet se aard is
af te lê, en 'n oomblik ('n oomblik!)
net te broei, broei oor die vrees vir die vrees
en die ongewete roei van die seun
in hierdie kort stilte binne die baai.Stil aandVanaand het ek weer so verlang, in grondelose vrees van eie gryse eensaamheid, dat jy by my moet wees, dat ek die wye koeltes van jou stem om my kan voel, soos die rimp’ling van die somerreën vervlugtig oor my spoel. En toe ek deur die duister wind wat oor my huisie waai, die knip hoor lig, het heel my hart in vreugde opgelaai … Nou sit ons voor die vuur en speel die vlamlig deur ons hare … Laag waai die reënwind buite deur die afgevalle blare. WinterNou lê die aarde nagtelang en week in die donker stil genade van die reën, en skemer huise en takke daeliks bleek deur die wit mistigheid en suising heen. Dis alles ryk en rustig van die swaar geheime wasdom wat sy paaie vind deur warm aarde na elke skeut en blaar, en ver en naby alles duister bind in vog en vrugbaarheid en groot verlange; tot ons ’n helder middag skielik sien die gras blink, en die jong graan teen die hange, en weet dat alle rus die lewe dien: hoe kon ek dink dat somer ryker is as hierdie groei se stil geheimenis? Die boodskap aan MariaSy 't deur die skaduwee gegaan in die soet lentenag, skraal-wit en skemerig en nog sku van naamlose verwag; soos 'n groot nagblom oop waaroor die motte bewend hang, so was sy onder die sterre, in haar onwetende verlang. Maar toe Hy kom, het sy geweet. Geen stem was daar, net enkele sterre donkerder en blydskap soos 'n tent óm haar; en alle verlange buitekant het trug- en tuisgekeer tot innigheid, en rus gekry soos waters in 'n donker meer, en huiswaarts oor die paaie het sy gepeins dat vreugde só kon wees: vervuld en woordeloos, en stil geglimlag oor haar verre vrees. Nog eenmaalNog eenmaal wil ek in die skemeraand weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan, weer met my rek op in die donker skiet, en luister, en al word ek seer en dof, hoe die klein klippie ver weg in die riet uit donker in die donker water plof.Uit Nuwe verse (1954) Voorspel 1950Miskien sal ek die wingerd prys en nooit meer van hom drink en net in ’n verbeelde glas die koel gedagte skink: dié wat in jare donkerte sy wynsteen kon laat sak en niks wat somers is meer het nie pit nie dop of rank: miskien nog van Gods weë weet: – Sy paaie en Sy pyn: maar ingewikkeld alles ken en mens wil wees én rein.Uit Tristia (1962) AfskeidJy't weggegaan en jy bewoon 'n silwer herberg in die sneeu jou venster kyk nog elke nag met drie blink oë na die plein die plein is boom en wind en boom en wind en wind en wintermiddag voer daar iemand die meeue krummels teen die wind In sy laaste bundel, Tristia (1962), het Louw drie gedigte aan Sheila Cussons gegee waarin "afskeid" 'n tema is. ![]() |
|
"Die verhouding tussen Sheila Cussons en NP van Wyk Louw het verskillende fasette - en fases - gehad. Albei het erken dat dit vir hulle baie betekenisvol was en het dit as 'n groot liefde beskou. Dit was in Cussons se woorde, 'beslis geen episodiese affairetjie' nie. Daarvan getuig hul briewe aan mekaar en ook hoe die verhouding in hulle werk neerslag gevind het. Dit was in wese 'n skeppende, intellektuele en geestelike assosiasie." ![]() |

