
Die ossewaDie osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hun skowwe - hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna - die dowwe rooi stowwe, al dampend, tersy op die windjie gedra. Die middagson brand op die koppe, gebuk in hul beurende krag; hul swaai heen en weer in die stroppe - en ver is die tog van die dag. Dit kraak deur die brekende brokke: die opdraans is ver en is swaar; die knars in die knakkende knokke, maar hul beur, en die vrag bring hul daar. So, stom tot die stond van hul sterwe, blyf ieder 'n held van die daad... Hul bene, na swoeë en swerwe, lê ver op die velde verlaat.Jan François Elias Celliers (1865-1940) Uit "Die Vlakte" (1908) 1 ExodusA.G. Visser - "Lotos-Land" (1929) Die osHoe rustig stap hy aan die edel jukgediert! hoe waggel hy die kop met horings swaar gesierd, en stewig ingestrop! Hoe rustig stap hy aan so sonder tuiggetooi, met natte dowwe plof; syn vel trek plooi op plooi rondom die breë skof. So stap hy rustig aan vol kalme majesteit en ongesmukte prag - beeld van stilswyendheid én selfbewuste krag. Steeds stap hy rustig aan met rustelose drang, by kou en sonnegloed; maar snags versnel syn gang om dagversuim te boet. Nog stap hy rustig aan als dage kommervol doen bleek en krul syn gras; hy skeer die hardste pol en suip die modderplas. Stap, stap dan rustig aan en deel die trekkerslot; die skaarste en owervloed, daar in die land, waar God ook is vir osse goed!Jacob Daniël du Toit (1877-1953) Uit "Verse van Potgieters Trek" (1909) Ry maar an ossewaRy maar an, ossewe, ry maar an, Weet je nou waarheen hy gaan, Trug naar huis toe gaan die wa, Ry maar an, ossewa, ry maar an. (bis) Keerzang: Dorpse noointjie kan lekker vry La, la, la, la, la, la, la, la; Wag, jy kleine skelm, Ek wil na huis toe nou. Ry maar an, ossewa, ry maar an (bis) Weet je nou waarheen hy gaan, Trug naar huis toe gaan die wa, Ry maar an, ossewa, ry maar an. Huis toe gaan, ossewa, huis toe gaan, (bis) Want daaronder by die pad, Wag so liefies my skat, Ry maar an, ossewa, ry maar an.Volkswysie |

Liefdesgedigte
Rosa Rosarum - 2 natuurgedigte
A.G. Visser - Liefdesgedigte
Jan F.E. Celliers - Afrikaanse gedigte
Eugene Marais - Afrikaanse gedigte
C. Louis Leipoldt - Afrikaanse gedigte
Leipoldt 'Oom Gert vertel'
Totius 'Trekkerswee'
Die ossewa (Afrikaanse gedigte)
Totius - De tarentaal (in het Nederlands)
S.J. du Toit (2 Afrikaanse gedigte)
JL Cachet (Di Afrikaanse Taal)
Sheila Cussons (Afrikaanse gedigte)
NP van Wyk Louw (Afrikaanse gedigte)
E. Eybers (Afrikaanse gedigte)
Meer over Afrikaans - In het Nederlands

Homepage
Poëzieweb-Poetryweb: pageviews since/sinds 21-03-2002:
Statist. Poëzieweb-Poetryweb:
© Gaston D'Haese: 20-10-2004.
Opgedateer op 19-11-2009. E-pos:
webmaster
Stat. Afrikaans