Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben (Deuteronium 4:9)
Voor die onheilswoning en tussen die skaars-beblaarde soetdorings staan, in droë aarde maar lowergroen en blink van blad, die wag-'n-bietjie langs die pad. Wanneer ek naderkom dan sien ek dorings krom en reg; 'k sien takke inmekaar gevleg. En wil ek in die blare gryp of aan die takke breek, dan tas ek in 'n doringnes wat vreeslik haak en steek.
Die leeueliggaam le nog soos altyd in diepe rus, tog klaar tot selfverweer. Die mensehoof staar in die wereld neer met klare blik en kalme oorwogenheid. Hier het 'n hand die stugge blok graniet tot pure lewe en geeskrag omskep. Maar mees bewonder ek hoe, ongerep, 'n glimlag effens oor die lippe skiet. Ek het begeerte om soos die Sfinks te wees: om in die lewensdinge in te staar met rus en erns, met krag en insig klaar, en met die sagte glimlag allermees. AdenHier styg die seevog uit die werleldmeer en dryf onsienlik vertes ingemoet wat seen ontvang, in skaarste of owervloed; alleen op Aden daal geen druppel neer. 'n Strepiehuise oor asgrond heen getrek, en hoog bo hul die berg, skerp uitgetand en swart verkoold, nes uit 'n Sodomsbrand. Dis Aden, dis die droef-verlate plek. Hier sien ek nou 'n stukkie wereldwee, hier staan ek voor 'n lotsgeheimenis: daar's baie eerstes wat die laastes is... Die dorste berge is naaste aan die see!
Dis alles see en alles donkerheid, soos toe die aarde woes en ledig was en nag gesweef het oor die wereldplas. Geen horison of ster is sigbaar meer; geen teken waar die oog op af kan gaan; ek hoor net teen die skip die golwe slaan. Tog vaar hy immer voort, hy vaar nou blind, die voorpunt teen die donkerte gerig. Op die kompas alleen val bundels lig!
In die eensame veld staan 'n tentjie klein, en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein; ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn, 'n tafel met bordjies en glasies fyn, wat sag in die lig van die kersie skyn, en ek dag: "Was ek net in die tentjie klein, ek sou tog so gelukkig syn." Naas die eensame tent staan 'n meisie klein, in stomme bewond'ring van die ligtende trein; sy sien my geniet my glansende wyn en kost'like maal by elektriese skyn; en ek raai die gedagte van die meisie klein: "Ag, was ek maar net in die vrolike trein, ek sou tog o so gelukkig syn".
Ek wou so graag 'n liggie sien wanneer ek in my donker huis snags ronddwaal, slapeloos van pyn; 'n ligskyf met hul beeld daarin, of liewer nog, hul eie self wat in die nagwaak my verskyn. Ek sien dan soms 'n liggie op die muur of in 'n donker hoek, en- 'k voel my nes in wonderland. Maar kyk ek goed dan is dit 'n verdwaalde straaltjie van die maan of van 'n straatlamp wat nog brand. Ag, hoe wysheid tower met sy x- en violet-lig in die donnkerheid- hy kan nie vind 'n ligglans, meer verborge nog, waarin verskyn die beelt'nis van 'n weggestorwe lieflingskind? Ek vra... Intussen wyk die maan, of skielik gaan die straatlamp uit, en dis weer orals aaklig swart; ek gaan na bed, moeg van die soek en moeg van peins, met net die lamp van my gelofie in my hart.
Ek wou my ganse digkuns waag om al my hartpyn uit te klaag; om in my klanke uit te se, om soos in marmer vas te le die beelt'nis van my pyn. Maar nerens vind ek daardie marmer waar ek die beelt'nis uit kan slaan; en al my klanke is eind'loos armer as wat ek ondergaan. Nee, 'k sal nie waag om 't uit te se. Nee, 'k gaan tot God wat weet, en le vas op my hart my regterhand en snik: "o God, dit b r a n d!"
O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . . dit brand soos 'n pyl in my. Die mense sien daar niks nie van, en die Here alleen die weet wat ek ly. Die dae kom en die nagte gaan die skadu's word lank en weer kort; die drywerstem van my werk weerklink, en ek gaan op my kruisweg voort. Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart, so, dat my lewe se glans verdwyn; Jou kind is dood met 'n vreeslike dood! En – ek gryp my bors van die pyn. O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind, een straal het jou skone liggaam verskroei, maar bliksemstrale sonder tal laat my binneste brand en bloei. Sy was so teer soos 'n vlindertjie, sy't lugtig omheen geswerf; 'n asempie wind kon haar vlerkies breek en – kyk watter dood moes sy sterf! Hoe weinig die kinders wat so moet sterf, dis een uit die tienduisend-tal, en ag, dat dit sy was, en ek moes sien dat sy dood in my arms val! O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . . dit brand soos 'n pyl in my; die mense die sien daar niks nie van, en die Here alleen die weet wat ek ly.
Daar is geen dood. Wat lewe heet, is net die op en neer as ons klein skuitjie al maar daal en klim; en wat ons sterwe noem, is niks meer as ons verdwyning op die gindse kim. Daar is geen dood. Ons wat van lae strand dit sien, en speur hoedat hul vaart die afstand reeds vergroot- ons kan nie sien wat anderkant gebeur, en daarom noem ons die verdwyning: dood. Daar is geen dood. Ons lae standpunt is te laag en ver, en hul ontseil ons sfeer van ruimte en tyd, daarom word eindelik ons blik versper wanneer hul roerpen stuur in die ewigheid.
O, die oggendstond op 'n boereplaas! Daar trek al op die eerste rook. Hul het gistraand die graag beslis wie of se beurt dit mëre is om ketel te kook. Die mëre-ster het opgegaan; daarbinne roer al een; daarbuite bly die rokie draai, omdat daar nou geen windjie waai deur vroeë mërewêreld heen. Die haan het op sy beul geblaas; hy spring al van sy tak; 'n mens sal sê dat hy die baas (so stap hy) is van die werf en plaas, en die transport dra in sy sak. Hom volg sy vrind die kallekoen, en oue towenaar: hy worstel met sy slange, wat hy nukrig teke in die pad se stof, met duistre vlekgebaar. Die kraalvee is al moeg gelê; hul rek die stramme lywe uit. Daar kom die kaffer ook al aan, wat koulik oor die douveld gaan en eers die kalwerhok ontsluit. Sy emmer ruis van pure musiek, so vloei dit nou uit volle speen; musiek ook vir die kalfie als hy kort-kort om sy moeder wals op nod onvaste horrelbeen. Maar kyk hoe staan die osse met groot oë naar die hek te tuur, totdat die sware hinderpaal, word uit die mikstok uitgehaal, waaraan hul saans hul lywe skuur. Die songaan op, die vee verdwyn. net in die onverstoorbre vert' 'n osse-span stap voor die ploeg, en agteraan die man wat swoeg by 'n rukkeringe stert. Die mïre smelt weer met die dou, die vrede alleen bly soos dit was. Net 'n hen spring van haar eiers af met groot geraas, en die brakhond blaf vir die enkele kuiergas.
Hoe rustig stap hy aan die edel jukgediert! hoe waggel hy die kop met horings swaar gesierd, en stewig ingestrop! Hoe rustig stap hy aan so sonder tuiggetooi, met natte dowwe plof; syn vel trek plooi op plooi rondom die breë skof. So stap hy rustig aan vol kalme majesteit en ongesmukte prag - beeld van stilswyendheid én selfbewuste krag. Steeds stap hy rustig aan met rustelose drang, by kou en sonnegloed; maar snags versnel syn gang om dagversuim te boet. Nog stap hy rustig aan als dage kommervol doen bleek en krul syn gras; hy skeer die hardste pol en suip die modderplas. Stap, stap dan rustig aan en deel die trekkerslot; die skaarste en owervloed, daar in die land, waar God ook is vir osse goed!
Die kruiwawiel se skreeugeluid kerm hy droefgeestig uit terwyl die skeemring vinnig daal, die tarentaal. Hy soek - en dit is ook al laat - vir hom 'n kameraad, om in 'n boom die eensaamheid en nag te slyt. Sáám sal hul in 'n blinkblaarboom half slaap, half waak, half droom, en by die naadring van verderf, alléén nie sterf. * Ek het gemik, en met die knal het een dood neergeval; die ander vlieg met wilde krag wèg in die nag!
Psalm 8 (°Paarl, 21 Februarie 1877; †Pretoria, 1 Julie 1953) |