
Algemene kaart - om te vergroot, kliek daarop.
Afstandskaarte.
 | As u van Beaufort-Wes ooswaarts deur die Groot Karoo na die Sneeuberge toe ry, kom u in Graaff-Reinet tereg, 'n speelgoeddorpie genestel tussen die berge, wat in die noorde tot 2500 m hoë pieke het. (sien foto 1 - kliek daarop om hom te vergroot). |
 | Graaff-Reinet is in 1786 gestig, as gevolg van konflikte tussen die boere en die V.O.C. . Die dorp dank sy naam aan gouverneur Cornelis Jacob van de Graaff en sy vrou, Hester Cornelia Reinet. |
 | Graaff-Reinet besit talryke gerestoureerde geboue wat aan die einde van die 18e, begin van die 19e eeu in die bekende Kaaps-Hollandse styl opgetrek is. 'n Wandeling deur die dorpie langs die Stadhuis (kliek op foto 2), die Kerk (kliek op foto 3), die Hospitaal, die Ou Pastorie, die Residensie, die Drosdy-Hof, ens. neem die besoeker 200 jaar terug in die tyd. |
 | Tydens daardie wandeling kom u ook, soos orals ter wêreld, 'n gedenkteken aan "die oorlog" teen (kliek op foto 4). |
 | 'n Kuiertjie by 'n winkel en tee-huis genaamd "Iets Anders" loon seker die moeite ; daarvandaan kan u ook met perde en 'n koets 'n rit deur die dorpie maak. |
 | 10 km noord-wes van Graaff-Reinet, langs die pad na Murraysburg, kom u in die Vallei der Verlatenheid (kliek op foto 6), 'n uiterste voorbeeld van erosie wat oor miljoene jare plaasgevind het. 'n Geologiese unikum ! |
All photographs Copyright Gervaas HELLIN.