|
|

1) HOENDER 1 hoender 1 groot ui 1 seldery 1 prei 3 geelwortels peper, sout, 1 lourierblad, 1 takkie tiemie Sny die hoender in 6 stukke en die groentes in klein stukkies. Kook nou die hoender gaar in water met die groentes. Voeg water by as dit uitkook. Haal die hoender uit die sop wanneer hy gaar is, en sif die sop. ( Gee die groentes vir jou hond). Jy benodig ongeveer 2 liter van die sop. 2) GROENTE EN ERTAPPELS 1 groot ui 1 prei 1 seldery 3 geelwortels 1 kg ertappels 1 laurierblad 'n bietjie tiemie Sny die groentes in klein stukkies, die ertappels in 4 stukke. Kook alles in water tot die ertappels gaar is. Giet alles deur 'n sif. (gee hierdie sop ook aan jou hond) PAK NOU DIE STUKKE HOENDER EN DIE GROENTES SAAM IN 'N SKOTTEL WAT JY IN 'N OOND WARM HOU 3) SOUS Botter of olie, meel, peper, sout, gemaalde muskaatneut Smelt 75 gram botter of olie in 'n diep pot. Voeg 3 groot eetlepels meel daaraan toe, roer vinnig met 'n klitser, daar mag geen klonters wees nie en moenie die meel laat bruin word nie. Gooi die gesifte hoendersop by en roer tot jy 'n dik sous het. Krui met peper, sout en 'n bietjie gemaalde muskaatneut. Voeg daarby 1/2 tot 1 kop vars room en laat dit 'n bietjie deur kook. Wanneer die sous nou oraait lyk giet oor die warm hoender en groentes, bestrooi met fyngehakte pietersielie en dien op ( dit moet jy veral nie vergeet nie). As dit nou luk het jy genoeg vir 4 mense, annerster het jou hond kos vir twee dae. DRINK DAARBY 'N LEKKER GEKOELDE KAAPSE CHARDONNAY VARIANT : vervang die hoender deur vis, vb koningklip. HAASPOT ( KONIJN OP Z'N VLAAMS) en gaan koop 'n haas. Dit behoort 'n jong een te wees. ( so van 1,5 tot 2 kg) 2 groot uie 750 ml bruin bier water 250 gr gedroogde pruime 1 lourierblad meel peper, sout olie of botter Sny die uie in stukke en braai in olie of botter tot goudgeel. Neem die uie uit die pot. Wentel die stukke haas deur die meel en bak in dieselfde pot tot mooi bruin. Voeg die uie by en roer deur mekaar. Peper, sout en lourierblad by. Bier en gebeurlik bietjie water by (stukke haas moet bedek wees met kookvog) Laat prut op 'n matige vuur tot die haas sag is. ('n ou een sal ure vat om gaar te raak!) (Prik daarin met 'n vurk) Voeg na 30 min die pruime by. Die sous sal vanself dik word. As dit te vinnig gebeur, voeg 'n bietjie water by. Dien op met gekookte ertappels. Genoeg vir vier mense. DRINK DAARBY 'N HEERLIKE KAAPSE PINOTAGE |