

HOEKOM KRY JY KOPSEER
AS JY WYN DRINK?

In Julie 1993 was daar 'n bydrae oor "SOMERWYNE" in die Vlaamse
koerant HET VOLK.
Hulle skryf toe : ..." En dan is daar die heerlike
Suid-Afrikaanse wyne. Sagte wyne,wat die wonderlike natuur en die
buitengewone klimaat
van die land weerspieël.En wat veral GEEN
KOPSEER oplewer nie. Want dit is die waardemeter as 'n leek wyn proe :
die wyn behoort te smaak en die
volgende dag
mag jy nie kop-of maagseer kry nie."
Hoekom jy kan van wyn kop -of maagseer kry?
Dié antwoord het ons gevind in 'n brosjure wat ons
van ons apteker kry onder die titel :
WYN, PAS OP VIR BYMIDDELS.
Bymiddels is bewaarmiddels wat by die wyn gevoeg word
om 'n nuwe gisting te voorkom. Veral swaweldioksied (SO2)
lei tot hierdie steurnisse.
In wyn,kom swaweldioksied voor in twee toestande :
vry of in organiese verbinding met andere bestanddele.
Die totale gehalte swaweldioksied is die som van vry
SO2 en gebonde SO2.
As hulle in België wyn bottel, word daar ongeveer 100mg/l
swaweldioksied bygevoeg.
Hierdie SO2 kom dan by die 150mg/l
wat alreeds in gebonde toestand in die wyn aanwesig is.
Méér as 90 persent van die wyn in België word verkoop by
die supermarkte, en méér as 60 persent van dié wyn word
in België gebottel.
BESLUIT : die wyne het 'n hoër SO2 gehalte as
in die land van oorsprong.Ons beveel dus aan om
by gespesialiseerde wynhandelaars net gesertifiseerde wyne te koop
,
soos BV die KAAPSE WYNE wat in bottels ingevoer word.

WAT IS PINOTAGE?

Pinotage is 'n erkende cultivar in Suid-Afrika.
Dit is 'n hibried wat reeds in 1924 ontstaan het
uit 'n kruising tussen
Pinot Noir en Cinsault (die druif van Hermitage).
Vandaar die naam.Die eienskappe van die oorspronklike
druiwesoorte is in hierdie wyn terug te vind.
Pinotage val op deur
'n sagte karakter. Baie gewilde
pinotages is dié van KANONKOP en van BEYERSKLOOF.

WAT IS ZINFANDEL?


WYN VAN OORSPRONG?

Tot in 1973 was daar in Suid-Afrika geen enkele sisteem wat vergelyk
kon word met die Franse "Appellation d'origine contrôlée" nie.
Toe voer 'n wetlike reëling die Wyn-van-Oorsprongseël in
wat op die hals van die bottel aangebring is en wat die egtheid
van die etiket sertifiseer.
Die herkomsbenaming, die oesjaar en die cultivar is
respektiewelik weergegee deur 'n blou, 'n rooi en 'n groen bandjie.
Die vermelding "landgoed/estate" het geslaan op 'n erkende
produksie-eenheid, terwyl die vermelding "superieur/superior"
verwys het na die beter wyne en waarby 'n goue seël gebruik is.
In 1992 het die Wyn-en Spiritusraad besluit om net een seël
te gebruik.Dis wit/swart en kleiner, maar het 'n identifikasienommer
en dra die woorde "gesertifiseer" en "Wyn-en Spriritusraad".
Daardie nommer gee aanduidings van 'n baie streng kontrole uitgevoer
vanaf die pars van die druiwe tot die finale produk.
Die waarborge wat die nuwe seël verskaf bly dus dieselfde :
naamlik dat die wyn tydens die sertifikasie van goeie gehalte
was en dat die gegewens i.v.m. oorsprong (inkl. landgoed),
oesjaar en cultivar
gekontroleer is op hulle egtheid.

DIE WYNGEBIEDE VAN DIE KAAP

Die wyngebiede van die Kaap lê op dieselfde afstand Die belangrikste wyngebiede van die Kaap is :
van die Ewenaar as die wynlande in Europa, Noord-en Suid-Amerika,
Australië en Nieu-Seeland.

1. Constantia *
2. Durbanville *
3. Stellenbosch District *
4. Paarl District *
5. Franschhoek Valley *
6. Tulbagh *
7. Swartland District *
8. Piketberg District
9. Worcester District *
10.Robertson District *
11.Swellendam District
12.Overberg District *
13.Klein Karoo Region *
14.Olifantsrivier Region *
15.Douglas District

DIE BERGKELDER







